GUEST REVIEWS


Hello,

Recently we did the Dolphin Trail and Stan was our guide.
First we were a bit disappointed that there were no fellow-hikers but
then we just enjoyed being in the woods all alone.
We would like to point out that Stan was a very capable and pleasant
person who showed and explained  so many interesting things to us.
We can definitely recommend the Dolphin Trail although it is quite
expensive. However, everybody looked after us so well with lovely
accommodation and good food (the pick-nick on the second day was wonderful).
What we also liked was that Stan was always treated as member of the
group when we received welcome drinks or during the pick-nick.

We are of the opinion that you should point out more strongly - and
already on the website  -  that you recommend at least one additional
night at the end of the trail. Best would be if you gave immediately the
price for a fourth night. I know that you informed us in a mail that we
should do so but by that time our trip was already fully organized and
booked.
Only when we were there we saw the many possibilities of biking, hiking,
etc. around the woods of the Fernery. You should show these
possibilities also on the web-site.

Best regards to South-Africa from a very cold Germany.

Claudia Thornton

Ek het onlangs die groot mylpaal van my 60ste verjaardag bereik en vir die okkasie het ek en my man besluit om ons kinders en kleinkinders op n luukse staptoer te neem in die Tsitsikama.

Behalwe vir myself wat n onervare, maar passievolle stapper is, het die res van my familie nog nooit enige belangstelling getoon nie, tot nou!

Die rede vir die LUUKSE besluit was om hulle n sagte inlywing in die stapgogga van my te gee en ook n liefde daarvoor te probeer kweek.

Met die samewerking van die DOLPHIN TRAIL-personeel moet ek sonder enige twyfel se, dit het gewerk. Die ongelooflike natuurskoon het sy eie aandeel hierin, maar die aanbieding van DOLPHIN TRAIL se personeel het die knoop deurgehaak!

Die roete is n 3-nag slaap en 2-dag stap. Ons het die eerste middag om 3 uur by die Ttsitsikama Natuurreservaat / Stormsriviermond aangekom, heerlik aandete geniet en die volgende oggend is ons eers op n opwindende bootrit so ‘n draai die see in en daarna in die riviermond land in. Onder die oorhangkranse en druppende water het ons die ongelooflikste mooi grotte en natuurskoon van naderby bekyk. Vir n gebore Mpumalanga-klong soos ek was die oomblik amper te groot. Dit is wonderskoon mooi.

Die stap het daarna begin en die mooi het net beter geword. Die stap is op die eerste dag is steil op en af teen die berg, maar jy het glad nie spesiale vernuf nodig nie. In elk geval hou die walvisse en dolfyne jou so besig dat jy vergeet van inspanning. Die 7 km stap is net n plesier en op hierdie punt moet ek eers die vloer aan die wonderlike gidse van die staptoer gee. Hierdie mense is opgeleide natuurkenners en daar was nie een vraag oor die omgewing wat hulle nie in detail kon beantwoord nie. Ek kan julle verseker met n 7-jarige klein seuntjie in die geselskap is die vrae nogal baie, en intelligente vrae daarby, sonder ophou en die arme mans moes bontstaan om te antwoord. (Hulle geduld het my laat dink ek moet aan my eie werk). Ons het nou werklik nie eers nodig gehad om n rugsak van watter aard ookal te dra nie. Die gidse het al die verversings wat ons nodig gehad het in hulle groot rugsakke gedra en ons telkens verras met nog n lekkertetjie uit hulle sakke. Ons kon maar net stap en geniet. Hulle het net geen moeite ontsien om die stap vir ons aangenaam te maak en maar geduldig vir die agterosse te wag as dit nodig was nie.

Die aankoms by ons eerste aand se verblyf was n groot verrassing. Die Misty Mountain Lodge was eers n beesplaas (met n 180g see-uitsig) wat toe omskep is in n pragtige lodge. Hier moet ek eers weer  se, ons ontvangs, die aandete en ontbyt en die verblyf het my stoutste verwagtinge oortref! Daar is beslis n kennershand in hierdie lodge se afronding betrokke. Dis pragtig, met spa-baddens en luukse verblyf, met fyn afronding.

Die volgende dag se stap was n bietjie stywer met kranse op die seefront waaroor ons moes stap. Die 10 km is weereens net so pragtig dat die stap makliker voel as wat dit werklik is. Daar is ook op hierdie gedeelte van die stap soveel helderskoon duikpoele en die gidse het selfs snorkels en duikbrille saamgedra vir die dapperes onder ons.

Wat n wonderlike gevoel vir n moee stapper om skielik, net as jy voel jou kragte laat jou in die steek, op n heerlike piekniek in die bos af te kom. En nie sommer n piekniek nie, die kos was ongelooflik. Heerlike vars gebakte brood, koue vleis, kraakvars slaai en die kersie op die koek, filter koffie en melktert! Wie sal dan nou nie krag he om verder te stap nie? Die laaste gedeelte van hierdie dag se stap was makliker en toe ons teen laatmiddag by ons tweede verblyfpunt aankom was die lafenis van hierdie luukse oord THE FERNERY weer net te goed om waar te wees.

Die oord is op die perseel waar die eienaar met uitvoervarings boer. Die verblyf is pragtig  met swembaddens, jaccuzzi en sauna en oortref alle verwagtinge. Die cuisine aandete, die wynkelder, die dekor voldoen aan die hoogste standaard. Die lodge self se oosgrens word omring deur n waterfall en n rivier wat n paar honderd meter verder in die see loop. Die suidelike kant het see-uitsig. Die hoe stoepe om die eetkamer kyk uit op die see en daar hang n groot koperklok wat gelui moet word as iemand n walvis gewaar. Groot prêt!

Die volgende oggend het ons die werkswinkel waar die varings gereed gekry word vir uitvoer gaan besoek en daarna is ons getrakteer op n baie interessante 4x4 roete deur die berge. Die varingplantasies is kilometers ver onder die dennebome en toe is ons oor die ou Outeniqua-pas waar watervalle en riviere die heelpad druis in ons ore.

So het hulle ons veilig terugbesorg by die beginpunt by die Stormsriviermond.

Ek wil graag hiermee my dank uitspreek vir almal wat betrokke was by die organisasie van hierdie wonderlike tyd wat ons geniet het. Julle diens is ongelooflik, vriendelik en professioneel. Die gidse in besonder, Marius en Henry, julle was uitstekend en ons sal terugkom. Julle het ons vriende geword in die twee dae wat julle ons veilig deur die berge gelei het en ons is ongelooflik dankbaar vir julle diens.

Ek kan hierdie stap aanbeveel aan enige iemand wat “saggies” wil begin. As julle dit gedoen het sal julle definitief weer gaan stap en dalk die volgende keer waag om julle eie toerusting te dra en dit bietjie meer gewaagd aan te pak. Die gogga het my kinders begin byt en ons praat selfs van die 800 km pelgrimstog in Spanje. Nou ja, daar sal seker nog bietjie water in die see moet loop voor ons daar kom, maar die saadjie is geplant.

Dankie my liewe kinders, Raymond, Elani, Ashton, Jesica, (Richards Baai) Leoni, (Houston Texas) Louis, Celesti, (Tamale Ghana) Salomi (Santon Johannesburg) en die kleingoed, Brandon, Ledine en Juan en my man Les, julle het gesorg vir n onvergeetlike verjaardag.

Die koste vir hierdie staptog is R4200 (2011) per persoon, maar elke sent werd. Ek beveel dit aan vir almal wat dit wil waag om die avontuur aan te pak.

Stappers Groete,

Din Hibbert

 

Din Hibbert

Great experience on the Dolphin Trail!!

Freire & Ferraz Family

We thought everything ran very smoothly with all those involved making us very welcome- no suggestions for improvement at all

Julie & Dean Askey

Top notch(standard of accomodation), they were very knowledgeable, interesting & good humoured. As a trained mountain leader henry was very impressed and we would both recommend Ian as a fully fledged guide.

Kenry & Laura Dalglish

We thought the whole trip was extremely well organised and the welcome we received was wonderfull.

R.Gibson

Very warm & welcoming (Reception at the different venues) wonderful beautiful views, clean & luxurious(standard of accomodation),delicious & a great variety(meals), both Gavin & Stan were friendly, very professional & engaging. They stopped along the way to point out intresting plants, birds etc, they were very attentive to all our needs yet felt like a wonderful extension of the family. We also loved all their previous Dolphin Trail adventures.

Sean & Dannean Krige

This was a great trip - we had loved the option to check out of The Fernery much later in the day to have the opportunity to explore grounds

Utris & Anna Patient

Guest Reviews


E - Newsletter

Online Payment

Take the hassle out of
planning your getaway